
=====================================================================
Afrikaans in Namibi: die voor- en teenspoed (AV 6:4)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Afrikaans in Namibi: die voor- en teenspoed

  Chrisna Beuke-Muir vertel van bekommerde ouers en onbekommerde kinders waar dit om die gebruik van Afrikaans gaan.   DIE bevindinge van 
Annatjie Louw tydens haar M.A.-studie oor die taalgesindhede van senior horskoolleerlinge in Namibi het gewys dat Afrikaans 'n lae 
profiel onder die teikengroep handhaaf. Dit klop met wat Afrikaanssprekende onderwysers, ouers en dosente ondervind. Dit blyk dat die 
Namibiese jeug (ook die moedertaalsprekers) nie veel erg het aan Afrikaans nie, en dat hulle moeilik gemotiveer sal word om hulle houding 
teenoor die taal te verander.

Kwalik kan ons hulle sekerlik nie neem nie, want hulle word daagliks op skool, deur die media en waarskynlik ook tuis gebreinspoel oor die 
belangrikheid van Engels, in teenstelling met die nutteloosheid van Afrikaans. As jy geld wil maak, moet jy dit in Engels maak, word 
beweer.

Dit is egter nie net 'n "Namibiese dollar"-en-sentkwessie nie; dit is ook 'n taal-psigologiese ding, en meer as net 'n politieke besluit 
kan die skuld vir die negatiewe houding jeens Afrikaans kry. 'n Taal word deur mense gepraat, en kan nie werklik vir haarself sorg nie, 
hoewel 'n mens so dikwels hoor dat Afrikaans vir haarself sal sorg. Sonder Afrikaanspraters is Afrikaans maar net 'n naam. En met 'n 
volgende geslag mense wat twyfel aan haar waarde, gaan sy verder krepeer. Die nuwe geslag sprekers wat oor 'n dekade in die arbeidsmark 
staan (en wie se skoolbroodjies ons nou maak), sal Afrikaans moet onderhou.

Engels, die enigste amptelike taal van Namibi, is stadig besig om die lingua franca van Namibi te word, hoewel buitelanders tog (as troos 
vir die Afrikaanssprekendes?) nadruklik beweer dat hulle orals Afrikaans hoor. Die feit bly egter staan dat die nuwe generasie 
moedertaalsprekers van Afrikaans, wat van hul derde skooljaar met Engels as enigste medium van onderrig gekonfronteer word, nie meer oor 'n 
voldoende Afrikaanse woordeskat beskik om hulle ten volle uit te druk nie, en die taal beslis nie moeiteloos kan skryf nie.

Dit maak die Afrikaanse ouers van onbekommerde kinders bekommerd.

Die handhawing van Afrikaans in Namibi sou op twee maniere aangepak kon word: f die huidige generasie kinders sal tot in hulle 
skoolskoene geskud moet word met bangmaakstories dat hulle hul moedertaal kan soengroet, f hulle moet aangemoedig word om 'n nuwe 
Afrikaans aan te hang, en later te standaardiseer. Dit sou in werklikheid neerkom op Langenhoven se raad aan die baster-Nederlands-
Afrikaanse volk ag dekades terug: "Skryf soos julle praat." Hierdie nuwe Namibiese Afrikaans sal deurspek wees met Engels, en in 'n mindere 
mate sal die ander Namibiese tale ook hulle merk laat.

Die moontlikheid van 'n nuwe Afrikaans het werklik 'n beter kans op realisering as die bangmaakstories.

Enkele Namibiese variante

Die Afrikaans wat tans in Namibi gepraat word, is so eie aan Namibi soos die Christuskirche in die middel van Windhoek.

Die data hieronder kom uit verskillende oorde. Afgesien van die data waarvan die meeste "op straat" bekom is, is ander opgeteken deur dr. 
Kotie Fourie, wat navorsing gedoen het oor Riemvasmaakafrikaans, of is verkry tydens voor- en nagraadse navorsingsprojekte. Verskeie 
uitroepe is aan Nama/Damara ontleen:
koetse (uitspraak: /kutse/), ("khutse" in Nama/Damara), (kragwoord),
Here: "Koetse, wat vertel jy my nou!"
etse, ( uitspraak: /etse/) uitroep
1. (van verbasing), sowaar; 2. (om die omstanders se aandag te vestig op iets wat jy wil s), hoor hier; ek s julle: "Etse! Toe ons in die 
klas kom, toe skryf ons mos toets."
nca, (uitspraak met 'n suig-klapklank),
goed, lekker, reg: "Hoe was jou dag?", waarop geantwoord kan word: "Nee man, dit was nca!" Onder Duitse invloed het variante soos die 
volgende ontstaan:
kindergarten,
kindertuin: "Die kind is soggens in die kindergarten."
brtchen, (uitspraak:"brezen"),
ovaalvormige broodrolletjie waarskynlik eie aan Namibi. "Ma, ek wil asseblief 'n brtchen h."
so by so, (uitdrukking afkomstig van die Duitse "so wie so"),
in elk geval: "Ek sal vir jou wag; ek het so by so baie om my mee besig te hou." Die Rehobothers (Reepoorters) wat waarskynlik die grootste 
kampvegters vir Afrikaans is, lewer 'n besondere bydrae tot Namibiese Afrikaans:
ou, (ge-ou),
gee: "Ou my 'n bietjie biltong, man."
stammak,
neersit: "Stammak die beker op die tafel!"
spleetspaaie, (gewoonlik in die meervoud),
paaie wat vurk: "Jy ry tot by die spleetspaaie, dan vat jy die regterkantste ene."
skabans, (word genasaleerd uitgespreek),
hansskaap: " 'Sop die skabans, hy stot."
vetkol,
'n plek waar dit nie ren nie: "Ons bly in 'n vetkol." Enkele idiome sluit die volgende in:
met die tronkdeur se sleutels speel,
om gevaarlik te lewe en baie te waag: "Broer, jy speel met die tronkdeur se sleutels."
in die gras hardloop,
om jou vee in die diamantspergebied te laat wei: "My buurman laat sy beeste in die gras hardloop."
op die langplaas jag,
om onwettig op die stuk veld tussen die boer se plaas en die regeringspad te jag: "Julle moet basta op die langplaas jag; julle speel met 
die tronkdeur se sleutels!"
'n las gooi,
om geld by te sit. "Gooi daar 'n las van 'n rand dat ek vir my 'n brood kan koop." Buitelanders beweer dat die volwasse Namibirs nog 'n 
suiwerder Afrikaans praat as die "Republikeine" (Namibiese variant vir "Suid-Afrikaners"). Of di tendens sal voortduur, is te betwyfel, 
want al hoe meer Engelse woorde word gemaklik geakkommodeer in Namibiese Afrikaans. Ook in die spelling is die Engelse invloed sigbaar: by 
meer as een geleentheid het ek al opgemerk dat 'n Afrikaanse woord soos "bal" as "ball" geskryf word.

Namibiese Afrikaans is besonders omdat mens die speserytjies van haar sprekers se agtergrond daarin kan proe. Maar haar sprekers kan ook 
Engels praat, want hulle is bekwame twee-, drie- en soms vier- en vyftalige mense, en hoe kan dit anders as om in hul Afrikaans neerslag te 
vind! Ten minste weet die Afrikaanssprekendes dat Engels in Namibi nog steeds meer gekneus word as Afrikaans, en daarom het nog 'n 
Namibiese variant (reeds vr onafhanklikheid) die lig gesien: Namlish, algemeen gebruiklik vir Namibiese (niestandaard-) Engels; 'n term 
wat geskep is deur Dorian Haarhoff (dramaturg en skrywer van Namibiese literatuur) toe die toneelstuk getiteld Namlish op die planke 
gebring is. Dr. Chrisna Beuke-Muir is hoof van die Departement Afrikaans aan die Universiteit van Namibi in Windhoek

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av6421.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Desember 1999 /// Feeswense (AV 6:4) /// Gehegtheid aan taal moet opnuut 
geskep word. (AV 6:4) /// Bokke (AV 6:4) /// Afrikaans reik uit na ander gemeenskappe (AV 6:4) /// Hulle laat selfvertroue en aanleg blom 
(AV 6:4) /// Voorsitters (AV 6:4) /// Om saam te neem vir die 21ste eeu (AV 6:4) /// Berese en gelese webwerf (AV 6:4) /// 'Ons baklei om 
Afrikaans relevant te hou' (AV 6:4) /// Aanwins vir die tweedetaaldosent (AV 6:4) /// Ly die Afrikaanse letterkunde aan J2K? (AV 6:4) /// 
Afrikaans gaan met lus skool! (AV 6:4) /// Moedertaal doen flinke WWW (AV 6:4) /// 'n Kaapse skaap (AV 6:4) /// Regering en Taalklousule 
(AV 6:4) /// Die tas (AV 6:4) /// Dit gaan goed met die WAT (AV 6:4) /// Hier word woorde gevier (AV 6:4) /// Ver van die einde aan ons 
woorde (AV 6:4) /// Jong skrywers word besiel en geleer (AV 6:4) /// Afrikaans in Namibi: die voor- en teenspoed (AV 6:4) /// Slaggate vir 
Afrikaans op skool (AV 6:4) /// Te vet (AV 6:4) /// Afrikaans in spreekkamer en by siekbed (AV 6:4) /// Multikulturaliteit gaan groot rol 
speel (AV 6:4) /// Besoek aan Ratanga pretpark (AV 6:4) /// Afrikaanse taalkunde in Belgi bespreek (AV 6:4) /// Skep 'n ware paradys vir 
boeke! (AV 6:4) /// Die noodlot (AV 6:4) ///

